Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle? |
Die praktiese waarde van die goeie
|
| Alle rasse en kleure werk saam |
Een van die groot probleme waarmee gemeenskappe en lande te kampe het, is rassevooroordeel. In teenstelling hiermee het die apostel Petrus gesê: “Ek bemerk vir seker dat God nie partydig is nie, maar in elke nasie is die mens wat hom vrees en regverdigheid beoefen vir hom aanneemlik.” En Paulus het geskryf: “Daar is nóg Jood nóg Griek, daar is nóg slaaf nóg vrygeborene, daar is nóg man nóg vrou; want julle is almal een persoon in eenheid met Christus Jesus” (Handelinge 10:34, 35; Galasiërs 3:28). Jehovah se Getuies aanvaar dit. Alle rasse en kleure leef en werk saam by hulle wêreldhoofkwartier, by die takkantore en in die gemeentes.
| Die Christelike godsdiens is prakties. Wat anders het gewerk? |
In Afrika kan sekere stamme nie meng sonder om te bots nie. Maar by byeenkomste van Jehovah se Getuies in daardie lande eet, slaap en aanbid mense van talle verskillende stamme in volkome harmonie en hartlike broederskap saam. Regeringsamptenare is verstom wanneer hulle dit sien. New York se Amsterdam News van 2 Augustus 1958 het kommentaar gelewer oor ’n voorbeeld van die verenigende uitwerking van die ware Christelike godsdiens. Die kommentaar is gelewer toe daar gesien is hoe ’n kwartmiljoen Getuies in die stad New York vergader het vir die internasionale byeenkoms wat vroeër genoem is.
“Negers, blankes en Oosterlinge van alle stande en alle wêrelddele het oral vreugdevol en vryelik gemeng . . . Die Getuies uit 120 lande het in vrede saam gewoon en aanbid en vir Amerikaners getoon hoe maklik dit gedoen kan word. . . . Die byeenkoms is ’n treffende voorbeeld van hoe mense saam kan werk en leef.”
Baie sê dalk dat die beginsels van die Christelike godsdiens nie vir hierdie moderne wêreld prakties is nie. Maar wat anders het gewerk of sal werk? Christelike beginsels kan baie nuttig wees as dit nou in julle gemeenskap toegepas word, en dit sal die grondslag vorm vir die vereniging van alle ‘nasies, stamme en volke’ regoor die aarde onder die heerskappy van God se Koninkryk oor die mensdom.—Openbaring 7:9, 10.
Uitgegee in 2000 |