Amptelike webwerf van Jehovah se Getuies

Tuisblad Beliefs Future Medical Topics Contact Us Publications Languages

Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle?

Vorige artikelVolgende artikel

Wat glo hulle?

Jehovah se Getuies glo in die almagtige God, Jehovah, die Skepper van die hemel en die aarde. Die blote bestaan van die ingewikkelde wonders in die heelal om ons dui redelikerwys daarop dat ’n alwyse en almagtige Skepper dit alles gemaak het. Net soos die werke van mans en vroue hulle eienskappe weerspieël, so geld dieselfde ook vir Jehovah God. Die Bybel deel ons mee dat ‘sy onsigbare eienskappe van die wêreld se skepping af duidelik gesien kan word, omdat hulle waargeneem word in die dinge wat gemaak is’. En sonder stem of woorde ‘maak die hemele die heerlikheid van God bekend’.—Romeine 1:20; Psalm 19:1-4.

DIE AARDE . . . is deur Jehovah geskep . . . , word deur die mens bewaak . . . , sal vir ewig bewoon word

Mense maak nie erdepotte, televisiestelle en rekenaars sonder ’n doel nie. Die aarde en sy plant- en dierelewe is baie wonderliker. Die samestelling van die menseliggaam met sy biljoene selle gaan ons verstand te bowe—selfs die brein waarmee ons dink, is onbegryplik wonderlik! As mense hulle betreklik nietige uitvindsels met ’n doel voortbring, het Jehovah God tog seker ’n doel met sy ontsagwekkende skeppingswerke! Spreuke 16:4 sê dat dit die geval is: “Alles het Jehovah vir sy voorneme gemaak.”


Jehovah het die aarde met ’n doel gemaak, soos hy aan die eerste mensepaar gesê het: “Wees vrugbaar en word baie en vul die aarde . . ., en julle moet die visse van die see en die vlieënde skepsele van die hemel en al die lewende skepsele wat op die aarde beweeg, in onderworpenheid hê” (Genesis 1:28). Aangesien hierdie egpaar ongehoorsaam geword het, het hulle nie die aarde met regverdige gesinne gevul wat liefdevol vir die aarde en sy plante en diere sou sorg nie. Maar omdat hulle gefaal het, beteken dit nie dat Jehovah se voorneme gefaal het nie. Duisende jare later is daar geskryf: ‘God, die Formeerder van die aarde, het dit nie verniet geskep nie.’ Hy het ‘dit geformeer om bewoon te word’. Dit gaan nie verwoes word nie, want “die aarde bly vir ewig staan” (Jesaja 45:18; Prediker 1:4, AB). Jehovah se voorneme met die aarde sal verwesenlik word: “My besluit sal bly staan, en alles wat my behaag, sal ek doen.”—Jesaja 46:10.

Jehovah se Getuies glo gevolglik dat die aarde vir ewig sal bestaan en dat alle mense, die lewendes en die dooies, vir ewig daarop kan lewe as hulle hulle lewe aanpas by Jehovah se voorneme vir ’n bewoonde aarde wat pragtig opgeknap is. Die hele mensdom het onvolmaaktheid van Adam en Eva geërf en is gevolglik sondaars (Romeine 5:12). Die Bybel sê vir ons: “Die loon wat die sonde betaal, is die dood.” “Die lewendes is daarvan bewus dat hulle sal sterf; maar wat die dooies betref, hulle is van hoegenaamd niks bewus nie.” “Die siel wat sondig—dié sal sterf” (Romeine 6:23; Prediker 9:5; Esegiël 18:4, 20). Hoe kan hulle dan weer lewe om ook die aardse seëninge te geniet? Slegs deur die losprysofferande van Christus Jesus, want hy het gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie geloof in my beoefen, sal lewend word, selfs al sterf hy.” ‘Almal wat in die gedenkgrafte is, sal sy stem hoor en sal uitkom.’—Johannes 5:28, 29; 11:25; Matteus 20:28.

Hoe sal dit gebeur? Dit word verduidelik in “die goeie nuus van die koninkryk”, wat Jesus begin verkondig het terwyl hy op aarde was (Matteus 4:17-23). Maar vandag verkondig Jehovah se Getuies die goeie nuus op ’n baie spesiale wyse

WAT JEHOVAH SE GETUIES GLO

Leerstelling Skriftuurlike rede
Bybel is God se Woord en is die waarheid 2 Tim. 3:16, 17; 2 Pet. 1:20, 21; Joh. 17:17
Bybel is betroubaarder as oorleweringe Matt. 15:3; Kol. 2:8
God se naam is Jehovah Ps. 83:18; Jes. 26:4; 42:8, AS; Eks. 6:3
Christus is God se Seun en is ondergeskik aan Hom Matt. 3:17; Joh. 8:42; 14:28; 20:17; 1 Kor. 11:3; 15:28
Christus is die eerste van God se skeppingswerke Kol. 1:15; Op. 3:14
Christus het aan ’n paal gesterf, nie aan ’n kruis nie Gal. 3:13; Hand. 5:30
Christus se menselewe is as losprys vir gehoorsame mense betaal Matt. 20:28; 1 Tim. 2:5, 6; 1 Pet. 2:24
Christus se een offerande was voldoende Rom. 6:10; Heb. 9:25-28
Christus is as ’n onsterflike geespersoon uit die dood opgewek 1 Pet. 3:18; Rom. 6:9; Op. 1:17, 18
Christus se teenwoordigheid is in die gees Joh. 14:19; Matt. 24:3; 2 Kor. 5:16; Ps. 110:1, 2
Ons is nou in ‘die tyd van die einde’ Matt. 24:3-14; 2 Tim. 3:1-5; Luk. 17:26-30
Koninkryk in die hande van Christus sal in regverdigheid en vrede oor die aarde regeer Jes. 9:6, 7; 11:1-5; Dan. 7:13, 14; Matt. 6:10
Koninkryk sal ideale lewenstoestande op aarde skep Ps. 72:1-4; Op. 7:9, 10, 13-17; 21:3, 4
Aarde sal nooit vernietig of ontvolk word nie Pred. 1:4; Jes. 45:18; Ps. 78:69
God sal die teenswoordige stelsel van dinge in die oorlog by Armageddon vernietig Op. 16:14, 16; Sef. 3:8; Dan. 2:44; Jes. 34:2; 55:10, 11
Goddeloses sal vir ewig vernietig word Matt. 25:41-46; 2 Tess. 1:6-9
Mense wat God se goedkeuring wegdra, sal die ewige lewe ontvang Joh. 3:16; 10:27, 28; 17:3; Mark. 10:29, 30
Daar is net een weg na die lewe Matt. 7:13, 14; Ef. 4:4, 5
Mense sterf weens Adam se sonde Rom. 5:12; 6:23
Die mensesiel bestaan nie voort ná die dood nie Eseg. 18:4; Pred. 9:10; Ps. 6:5; 146:4; Joh. 11:11-14
Die hel is die mensdom se gemeenskaplike graf Job 14:13, Dy; Op. 20:13, 14, AV (kanttekening)
Opstanding is die dooies se hoop 1 Kor. 15:20-22; Joh. 5:28, 29; 11:25, 26
Adamitiese dood sal ophou 1 Kor. 15:26, 54; Op. 21:4; Jes. 25:8
Net ’n klein kuddetjie van 144 000 gaan hemel toe en regeer saam met Christus Luk. 12:32; Op. 14:1, 3; 1 Kor. 15:40-53; Op. 5:9, 10
Die 144 000 word weer gebore as geestelike seuns van God 1 Pet. 1:23; Joh. 3:3; Op. 7:3, 4
’n Nuwe verbond word met geestelike Israel gesluit Jer. 31:31; Heb. 8:10-13
Christus se gemeente is op homself gebou Ef. 2:20; Jes. 28:16; Matt. 21:42
Gebede moet alleenlik tot Jehovah en deur Christus gedoen word Joh. 14:6, 13, 14; 1 Tim. 2:5
Beelde mag nie in aanbidding gebruik word nie Eks. 20:4, 5; Lev. 26:1; 1 Kor. 10:14; Ps. 115:4-8
Spiritisme moet vermy word Deut. 18:10-12; Gal. 5:19-21; Lev. 19:31
Satan is die onsigbare heerser van die wêreld 1 Joh. 5:19; 2 Kor. 4:4; Joh. 12:31
’n Christen moet geen deel aan interkerklike bewegings hê nie 2 Kor. 6:14-17; 11:13-15; Gal. 5:9; Deut. 7:1-5
’n Christen moet afgeskeie van die wêreld bly Jak. 4:4; 1 Joh. 2:15; Joh. 15:19; 17:16
Gehoorsaam mensewette wat nie met God se wette bots nie Matt. 22:20, 21; 1 Pet. 2:12; 4:15
Inname van bloed deur mond of are is ’n skending van God se wette Gen. 9:3, 4; Lev. 17:14; Hand. 15:28, 29
Bybel se sedewette moet gehoorsaam word 1 Kor. 6:9, 10; Heb. 13:4; 1 Tim. 3:2; Spr. 5:1-23
Slegs Israel moes die Sabbat hou, en dit het saam met die Mosaïese Wet geëindig Deut. 5:15; Eks. 31:13; Rom. 10:4; Gal. 4:9, 10; Kol. 2:16, 17
’n Geestelikeklas en spesiale titels is onvanpas Matt. 23:8-12; 20:25-27; Job 32:21, 22
Die mens het nie geëvolueer nie, maar is geskep Jes. 45:12; Gen. 1:27; Matt. 19:4
Christus het die voorbeeld gestel in hoe God gedien moet word 1 Pet. 2:21; Heb. 10:7; Joh. 4:34; 6:38
Doop deur algehele onderdompeling simboliseer toewyding Mark. 1:9, 10; Joh. 3:23; Hand. 19:4, 5
Christene getuig met graagte in die openbaar van skriftuurlike waarheid Rom. 10:10; Heb. 13:15; Jes. 43:10-12
 

Uitgegee in 2000

TuisbladNa boVorige artikelVolgende artikel